Nils Holgersson se wonderbaarlike reis

Arithmethon

Protea Boekhuis het in 2010 ‘n Afrikaanse vertaling van Selma Lagerlöf se boek Nils Holgersson se wonderbaarlike reis gedruk.  Mens sou die boek kon opsom as ‘n verhaal van fantasie, avontuur, geografie, bewaring,  dierelewe en verbeelding.

nils-holgersson

Die misterie van die vertaling deur RMR 

Protea se uitgawe is dieselfde mooi vertaling van die boek wat in 1950 uitgegee is, en wat vertaal is deur ‘n persoon wat hom/haar net as R.M.R identifiseer.  Hoekom sou iemand wat sulke goeie werk gedoen het, naamloos wou bly?  Lede van die  Taalgesprek Yahoo groep, het in 2000 gespekuleer dat dit Hymne Weiss kon gewees het.  In dieselfde debat is ook gesê dat “As ‘n mens mooi na die Afrikaans kyk, is dit baie duidelik dat dit nie werklik ‘n vertaling is nie, maar bloot ‘n soort verafrikaansde naskrywing van die Nederlandse vertaling”.  Dit kan so wees, of dit kan wees dat dit bloot goeie 1950’s Afrikaans…

View original post 418 more words

Advertisements

Fifty Shades of Grey

Komaan! Julle almal wonder oor dié boek – veral na Butternut se inskrywing!

Oukei…*maak keel skoon*…here goes….

Daar moet seker iets aan ‘n boek wees wat die vroue van die wêreld aan die storm vir die boekrakke het. Dit word geklassifiseer as die “warmste” boek van die hedendaagse letterkunde en meer as veertig miljoen kopieë is reeds verkoop, wat E.L. James se eerste roman  amptelik die grootste verkoper maak volgens amazon.co.uk – ja, selfs meer as die hele Harry Potter reeks altesaam!

‘n Pas-gegradueerde joernalis, Anastasia Steele, staan in vir ‘n vriendin wat siek is deur ‘n onderhoud te voer met die skatryk, dinamiese jong uitvoerende direkteur van Grey Holdings, Christian Grey. Sy vind hom intimiderend en enigmaties en die onderhoud vir die universiteitspublikasie verloop glad nie goed nie. Ana struikel deur die onderhoud, maar troos haarself daaraan dat sy hom nooit weer sal hoef te sien nie.

Wanneer Grey skielik opdaag in die hardeware winkel waar Anastasia ‘n studentepos het, besef sy dat hy ‘n eienaardige uitwerking op haar het. Hy is beelskoon en sy bewimpel ‘n plan om hom weer te sien deur ‘n fotosessie vir die opkomende artikel te reël. Christian waarsku haar dat sy hom liewer moet vermy – hy is slegte nuus vir enige vrou.

Die een ontmoeting lei tot die volgende en so gebeur dit dat hulle in sy privaat helikopter na sy impossante woning in Seattle vlieg.  Hy laat haar duidelik verstaan dat hy nie aan haar sal raak voordat sy ‘n NDA (“Non-disclosure Agreement”) geteken het nie. Daarna maak hy dit duidelik dat dit steeds nie die einde van die papierwerk is voordat hulle ‘n verhouding betree nie. Hy maak aan haar ‘n aanbod om sy “submissive” te word vir ‘n tydperk van drie maande. Dit behels ‘n wettige, allesomvattende kontrak wat sy moes teken. Hy gaan wys haar sy “speelkamer” en so betree Anastasia die donker wêreld van BDSM (“Bondage/discipline; dominance/submission; Sadism/ Masochism”).

As jy nie pro-pronografie is nie, gaan hierdie boek waarskynlik nie vir jou wees nie. Daar is heelwat repetisie in die  gedetaileerde bekrywings van die “tonele” , maar ek het die gepersonifiseerde stryd tussen Ana se gewete en haar “inner goddess” baie amusant gevind.

Fifty Shades of Grey gaan hoofsaaklik oor die innerlike stryd wat Ana voer in haar besluit of sy die kontrak gaan teken of nie. Haar vrese maak dat sy wil weghardloop van hierdie donker , onbekende dinge af, maar ‘n roekeloosheid veroorsaak ook dat sy wil uitvind of sy deur hierdie man se skanse kan breek om uit te vind wát het in sy kinderjare gebeur dat hy so ‘n ekstreme leefstyl gekies het.

Daar is baie vrae…hoekom mag sy nie aan hom raak nie? Hoekom raak hy woedend kwaad as sy hom oor sy kinderjare en biologiese moeder uitvra? Hoekom is daar littekens van uitgedoofde sigarette op sy lyf en hoekom speel hy briljante, maar hartseer stukke op sy vleuelklavier in die middel van die nag wanneer hy dink niemand sien nie?

Gaan Ana die kontrak teken? Gaan Christian die toegewings maak waarvoor sy vra? Is hy in  staat om meer te wees as net haar Dominant?

Persoonlik:

Die beskrywing van die intieme tonele het my soms ongemaklik gelaat en ek het amper op ‘n stadium die boek laat vaar omdat die storielyn nie vinnig genoeg beweeg teenoor die hoeveelheid erotiek nie. In die laaste paar hoofstukke begin die balans effe herstel en ek het geboei geraak deur die klein stukkies detail wat deursypel oor Christian se kinderlewe – sy ma wat aan dwelms verslaaf was, een van sy aangenome moeder se ervare vriendinne wat hom op 15 “touwys” – 😳 excuse the pun – gemaak het en aan die wêreld van BDSM voorgestel het.

Die vraag is: Gaan ek die tweede boek in die trilogie lees?

Wat’s Nuus?

Ek het al genoem dat ek nie veel ooghare vir Biografieë het nie.  Ek moet egter erken dat ek my tande vir die boek geslyp het vandat ek die eerste keer daarvan gehoor het.  Riaan Cruywagen was immers ‘n bekende op Televisie (en Radio!) lank voordat ek gebore is. 

Agter op die boek is daar ‘n mening van Leon van Nierop dat die boek neerkom op ‘n kaggelvuur kuier met rooi wyn.  (Ek kan nie nou die presiese woorde onthou nie).  Nadat ek die boek gelees het, moet ek hom gelyk gee. 

Cruywagen het nog altyd by my die indruk geskep dat hy puntenerig is, maar tog met ‘n fyn humorsin.  Dit word nogal in die boek geonderstreep.  Dit is ‘n boek van sy lewe – nie hoe hy daardeur gewroeg het nie, maar goed wat hom duidelik na aan die hart lê en die vriende wat hy oor die jare gemaak het.  Om van die Cruywagen familietrots nie te praat nie. 

Dalk kan ‘n mens dit beter beskryf as ‘n samevatting van al sy staaltjies.  Daar was beskrywings wat my laat skreeu het van die lag.  Natuurlik kan daar na 47 jaar in die uitsaaiwese nie net goeie herinneringe wees nie.  Tog is daar nêrens in die boek ‘n moddergooiery nie.  Nie eers nadat die SABC hom en van sy kollegas onder die agterent geskop het nie. 

Dit is duidelik dat daar goed is wat Cruywagen bloot net nie aanstaan nie.  Hy is byvoorbeeld baie driftig oor mense wat nie goeie Standaardafrikaans gebruik in die media nie.  ‘n Irritasie wat ek met hom deel (hoewel ek redelik seker is dat hy nie my Afrikaans sal waardeer nie).  Hy vertel byvoorbeeld hoe iemand gesê het dat goeie taalgebruik dit is wat nuuslesers gebruik.  Van die SAUK kan vandag baie gesê word, maar hulle doen nogtans moeite dat hulle nuuslesers se taal onberispelik is. 

Wat nogal ‘n indruk op my gemaak het, is hoe hard die Cruywagen gesin gewerk het om te kom waar hulle vandag is.  Daar was nie terug gesit en gewag vir almoese nie.  Nee, daar was ingespring en gewerk.  Die storie wat seker in baie Afrikaanse gesinne weerspieël kan word. 

Hierdie was ‘n boek wat ek terdeë geniet het. 

Toevallig het Rapport vandag ook ‘n resensie oor Wat’s Nuus gehad.

Die Staat teen Anna Bruwer

Ek was die eier wat gesweer het dat ek nooit weer ‘n boek van Anchien Troskie gaan koop tensy ek dit eers gelees het nie.  Verlede week vind ek toe uit dat daar ‘n opvolg op “Dis ek, Anna” is en natuurlik is ek toe nuuskierig.  Die heel naweek mik ek om dit te gaan soek, maar staan elke keer sterk.  Sondag dwaal ek toe by Exclusive in en skielik spring dit in my hand.  Ek kon dit nie afkry nie en koop dit toe met ‘n paar dreigemente aan Troskie vir as ek my geld mors. 

Ek besluit toe om net ‘n gevoel van die boek te kry voordat ek gaan slaap.  Net so ‘n paar bladsye net om die te sien watter rigting dit inslaan.  Twee en ‘n half uur later (insluitende ‘n paar kruisverwysings) het ek die laaste bladsy gelees.  Troskie het ‘n gemaklike skryfstyl en lees baie maklik.  Die boek het dit weer bewys. 

Daar was ‘n paar goed wat gepla het.  In die eerste boek kan ‘n mens maklik uitwerk wanneer sy gebore is.  Om een voorbeeld te noem – sy het in 1984 16 jaar oud geword.  Dit beteken sy is in 1968 gebore.  “Die staat teen Anna Bruwer” speel in 2004 af en daar word verskeie kere genoem dat Anna 30 jaar oud is.  Onmoontlik – selfs as ‘n mens 1 of 2 jaar plus/minus.  Verder het ek die woord vergiffenis hinderlik gevind, maar dit is ‘n woord volgens die HAT.  Dit is dus my probleem, nie die skrywer s’n nie. 

Die skrywer herinner mens in die begin en einde van die boek dat dit net fiksie is.  Daar is dus goed wat nie heeltemal ooreenstem met realiteit nie.  In die sin dink ek dalk dat die boek dalk ‘n bietjie oor optimisties geskryf is.  Die staatsaanklaer kon volgens my baie meer vernynig gewees het.  Dit kon ‘n groter gestoei van morele waardes gewees het. 

Ek het egter baie van die boek gehou.  As die wêreld nou maar eenmal so gewerk het, het ons op ‘n beter plek gewoon.  Geregtigheid het geseëvier en boontjie het sy loontjie gekry.  Ek is natuurlik ‘n leek, maar ek dink die verskil was dat Troskie net haar storie vertel het.  Sy het nie probeer diep wees nie en het dus nie daarmee misluk nie.  Daar is wel ‘n paar belangrike lewenslesse verskuil. 

Ek beveel dit aan as ‘n lekkerlees boek.

Fasting

Ek kan nie onthou of die belangrikheid van VAS al ooit in ons kerk genoem is nie. Tog is dit iets wat die laaste tyd aanmekaar aan my kom krap. Hierdie boekie lees vinnig en  beskryf hoekom dit belangrik is om te vas. Hy gee Bybelverwysings van beide die Ou en die Nuwe Testament, en wys daarop dat Jesus ook gevas het.

Alhoewel hy hier en daar iets noem wat baie vreemd voel vir my, en waarmee ek nie noodwendig saamstem nie, is dit tog ‘n goeie boek om te lees.

The Case for the Real Jesus

“The Case for the Real Jesus” deur Lee Strobel.

‘n Blogvriend het my verwys na hierdie boek. Lee Strobel, ‘n baie hoog-aangeskrewe joernalis van die Chicago Tribune was voorheen baie skepties oor die Bybel, Jesus en al die gebeure wat opgeteken is in die Bybel. Hy doen ‘n in-diepte ondersoek oor ‘n klomp netelige kwessies. Soos… Wat van die ander geskriftedwat gevind is wat ‘n ander verhaal skets? Kan ons die beeld van Jesus soos in die Bybel beskryf vertrou? Het die Kerk nie daarmee gepeuter nie? Was Jesus se opstanding regtig? Moet mense nie die geleentheid gegee word om self te besluit wat hulle wil glo nie?

Dis werklik ‘n insiggewende boek en ek wil dit graag aanbeveel vir enige iemand wat twyfel of dit wat in die Bybel staan, werklik waar is.