Ek het vergeet…

 

Lovy Pieterse se man het Alzheimers se siekte gehad en sy het hom versorg. In hierdie boek draai sy geen doekies om nie. Sy vertel van die verloop van die siekte, van die eerste oomblik af wat sy vermoed het haar man is siek, tot daar waar sy geen raad meer gehad het nie en hom in ‘n versorgingoord gesit het. Sy vertel van die effek wat dit op haar huwelik en haar gesin gehad het, haar frustrasies, moedeloosheid, skuldgevoelens. Die boek lees maklik en dis ‘n boek wat ek graag aanbeveel vir almal iemand ken wat hierdie siekte het. Of, as jy dalk sommer net meer oor hierdie siekte wil weet.  Dis nie ‘n mediese joernaal nie, maar eerder net ‘n boek om jou anders oor die siekte te laat dink.

Ek het die boek redelik goedkoop raakgeloop by www.graffitibooks.co.za . Ek hoop daar is nog een vir jou ook beskikbaar! Die boek is uitgegee deur Lapa  Uitgewers in 2004.

Lekker lees!

Skrywer: Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Flashlight whose light shines everywhere, even on places where it is not so comfortable.

5 gedagtes oor “Ek het vergeet…”

  1. Het hierdie boek nou eers gelees en kan net sê ek het baie geleer oor Alzheimers. En ek het deernis met elke versorger wat hierdie pad moet stap.

Laat 'n boodskap na Annetjie van Tonder Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s