Spoor deur Deon Meyer

Hierdie (dikste) boek wat nog deur Deon Meyer geskryf is, is eintlik vier boeke waarvan die karakters en storielyne slim deurmekaar weef soos wat net Meyer kan.

Ons ontmoet vir Milla, wat vir haarself ‘n nuwe lewe probeer maak na die vernedering van haar man se leefstyl en ontrouheid. Haar begeerte om so bietjie dangerous te leef neem haar na situasies waarvan mens net oor die 7-uur nuus hoor.

Daar is die lyfwag Lemmer, wat moeilikheid aantrek soos ‘n magneet ten spyte van Lemmer se Eerste Wet: Moenie betrokke raak nie. ‘n Reddingspoging van die laaste twee lewendige swart renosters in Zim verander in ‘n nag van bedrog wat ‘n wrang smaak in sy mond laat en hy het ‘n score om te settle…

Ons loop ook ‘n ent saam met Mat Joubert, wat na 32 jaar diens in die SAPD die wêreld van privaat speurder betree. Hoe dieper hy grawe op soek na ‘n vermiste persoon, hoe minder maak dinge sin. Sy kliënt se fondse is boonop beperk en die horlosie tik. Gaan hy die saak opgelos kry voor haar geld op is?

En dan is daar die ouens op die Harleys en die gerugte dat Al-Qaeda besig is om wapens in die land in te bring…

My persoonlike mening:

Iemand wat nog nie ‘n Deon Meyer gelees het nie, mag dalk aanvanklik ‘n wenkbrou lig oor sy dialoog, maar ek bly verstom oor sy vermoë om die leser in staat te stel om die gesprekke te “hoor” en hom te vereenselwig met die karakter se gedagtes.

Alhoewel ek die boek geniet het, het ek gevoel daar was detail wat in die lug bly hang het – sommige goed wat ek verbind sou wou sien. Ek kan eerlik sê dat ek meer aangegryp was deur Infanta en 13 Uur.

Sal ek die boek aanbeveel? Ja.

Advertisements

9 thoughts on “Spoor deur Deon Meyer”

  1. Baie geluk met jou heel eerste post.

    Ek is nie ‘n groot liefhebber van spanning / misdaadverhale nie, maar Deon Meyer ken sy storie. Bly vir my ongelooflik hoe ‘n goeie Afrikaanse skrywer – soos Meyer – amper altyd vertaal word.

  2. Fantasties ek soek altyd iemand wat ‘n boek kan aanbeveel want dan is jy al klaar verseker dat jy dit gaan geniet, nou kan ek sommer net op julle kliek en siedaar my volgende boek is klaar uitgesoek. Dit is ‘n blink gedagte ek gaan die web beslis by my vriende aanbeveel.

  3. Ek het gladnie die spanningslyn gevoel soos met bv. Onsigbaar nie – daar kort ietsie. Tog is daar mense wat reken dis sy beste werk. Ek verskil van hulle.

    Maar Baas Meyer bly ‘n Skoor favourite, of hy nou wil of nie! Ek doen sommer sulke Breyten Paulse flipflacks as ek hoor daar is ‘n boek met nat ink op die rakke!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s