Liefling – die Movie

Ek sal die ys breek met die eerste fliek resensie!

Die film begin met ‘n pragtige weergawe van Kinders van die Wind en ek het in my stoeltjie reggeskuif vir iets besonders, net om in die volgende toneel wreed na die werklikheid teruggeruk te word toe die openingstoneel ‘n eksakte Afrikaanse weergawe is van die openingstoneel van High School Musical 3.

Die storie is niks nuuts nie. Jan aka Bobby van Jaarsveld aka Troy raak verlief op die donkerkop Liefling aka Lika Berning aka Gabriella terwyl die blonde feeks/rykmansdogter Madelein aka Marlee van der Merwe aka Sharpei en haar twee skoothondjievriendinne die wêreld vir almal versuur.

Die akteurs: Bobby van Jaarsveld is al te skattig en pragtig om na te kyk, maar Lika Berning se toneelspel het my nie oortuig nie. Die feeks se sangstem het verras. Tannie Carike het my laat skater met ‘n flitstoneeltjie of twee, maar hulle kon gerus vir ou Skoert Darren uitgelos het.

Die agtergrond: Die Hartbeespoort omgewing waar die verfilming gedoen is is beeldskoon, maar dit was bietjie irriterend dat die regisseur ‘n beeld van Toskaanse straatjies probeer skep het in ‘n Suid-Afrikaanse omgewing met sommige van die liedjies.

Die musiek en choreografie: Daar is ‘n paar liedjies wat werklik mooi is, soos bv. Jakkie Louw en Kevin Leo se weergawe van Voshaarnooi, maar die choreografie is oordrewe en daar was ‘n paar tonele waar ek gedink het: NEE! Jy’s nie ernstig nie!

Sal ek die fliek aanbeveel? Nah…

5 gedagtes oor “Liefling – die Movie”

  1. Jinne, Dankie Sonlig hiervoor.

    Ek was nogal nuuskierig om dit te sien, maar was bang dat dit ‘n mors van tyd en geld sal wees. Nou het jy bevestig wat ek vermoed het en sal eerder iets anders gaan kyk

  2. Ag, asb. Daar is soveel akteurs in s.a wat krepeer, hoekom die mur word sangers ingespan daarvoor? Skoenmaker hou jou by jou lees. Skoert kerm, sing en beplan jou troue. Bobbie vaalvink, gaan word n man. Ag, wat kerm ek? My van is mos oksel. Ek is buitendien nie van plan om liefling op die groot skerm of op dvd te kyk nie.

  3. Jinne – maande later en ek lees vandag een van Skoor se inskrywings. Miskien is ek die enigste een wat nie gedink het Liefling is briljant nie.

    Ek wil julle geen onreg aandoen nie – gaan kyk dus liewer self.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s