Fifty Shades of Grey

Komaan! Julle almal wonder oor dié boek – veral na Butternut se inskrywing!

Oukei…*maak keel skoon*…here goes….

Daar moet seker iets aan ‘n boek wees wat die vroue van die wêreld aan die storm vir die boekrakke het. Dit word geklassifiseer as die “warmste” boek van die hedendaagse letterkunde en meer as veertig miljoen kopieë is reeds verkoop, wat E.L. James se eerste roman  amptelik die grootste verkoper maak volgens amazon.co.uk – ja, selfs meer as die hele Harry Potter reeks altesaam!

‘n Pas-gegradueerde joernalis, Anastasia Steele, staan in vir ‘n vriendin wat siek is deur ‘n onderhoud te voer met die skatryk, dinamiese jong uitvoerende direkteur van Grey Holdings, Christian Grey. Sy vind hom intimiderend en enigmaties en die onderhoud vir die universiteitspublikasie verloop glad nie goed nie. Ana struikel deur die onderhoud, maar troos haarself daaraan dat sy hom nooit weer sal hoef te sien nie.

Wanneer Grey skielik opdaag in die hardeware winkel waar Anastasia ‘n studentepos het, besef sy dat hy ‘n eienaardige uitwerking op haar het. Hy is beelskoon en sy bewimpel ‘n plan om hom weer te sien deur ‘n fotosessie vir die opkomende artikel te reël. Christian waarsku haar dat sy hom liewer moet vermy – hy is slegte nuus vir enige vrou.

Die een ontmoeting lei tot die volgende en so gebeur dit dat hulle in sy privaat helikopter na sy impossante woning in Seattle vlieg.  Hy laat haar duidelik verstaan dat hy nie aan haar sal raak voordat sy ‘n NDA (“Non-disclosure Agreement”) geteken het nie. Daarna maak hy dit duidelik dat dit steeds nie die einde van die papierwerk is voordat hulle ‘n verhouding betree nie. Hy maak aan haar ‘n aanbod om sy “submissive” te word vir ‘n tydperk van drie maande. Dit behels ‘n wettige, allesomvattende kontrak wat sy moes teken. Hy gaan wys haar sy “speelkamer” en so betree Anastasia die donker wêreld van BDSM (“Bondage/discipline; dominance/submission; Sadism/ Masochism”).

As jy nie pro-pronografie is nie, gaan hierdie boek waarskynlik nie vir jou wees nie. Daar is heelwat repetisie in die  gedetaileerde bekrywings van die “tonele” , maar ek het die gepersonifiseerde stryd tussen Ana se gewete en haar “inner goddess” baie amusant gevind.

Fifty Shades of Grey gaan hoofsaaklik oor die innerlike stryd wat Ana voer in haar besluit of sy die kontrak gaan teken of nie. Haar vrese maak dat sy wil weghardloop van hierdie donker , onbekende dinge af, maar ‘n roekeloosheid veroorsaak ook dat sy wil uitvind of sy deur hierdie man se skanse kan breek om uit te vind wát het in sy kinderjare gebeur dat hy so ‘n ekstreme leefstyl gekies het.

Daar is baie vrae…hoekom mag sy nie aan hom raak nie? Hoekom raak hy woedend kwaad as sy hom oor sy kinderjare en biologiese moeder uitvra? Hoekom is daar littekens van uitgedoofde sigarette op sy lyf en hoekom speel hy briljante, maar hartseer stukke op sy vleuelklavier in die middel van die nag wanneer hy dink niemand sien nie?

Gaan Ana die kontrak teken? Gaan Christian die toegewings maak waarvoor sy vra? Is hy in  staat om meer te wees as net haar Dominant?

Persoonlik:

Die beskrywing van die intieme tonele het my soms ongemaklik gelaat en ek het amper op ‘n stadium die boek laat vaar omdat die storielyn nie vinnig genoeg beweeg teenoor die hoeveelheid erotiek nie. In die laaste paar hoofstukke begin die balans effe herstel en ek het geboei geraak deur die klein stukkies detail wat deursypel oor Christian se kinderlewe – sy ma wat aan dwelms verslaaf was, een van sy aangenome moeder se ervare vriendinne wat hom op 15 “touwys” – 😳 excuse the pun – gemaak het en aan die wêreld van BDSM voorgestel het.

Die vraag is: Gaan ek die tweede boek in die trilogie lees?

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

12 Responses to Fifty Shades of Grey

  1. Wosonkilyfie sê:

    Ek kon hierdie boeke nie neersit nie!!

    • MaanKind sê:

      Liewe Lyfie, gaan kyk bietjie op my blog of jy saamstem? Ek nou amper klaar met no 3.

    • Hope sê:

      Ek kon net soos Wosonkilyfie ook nie die boek (of eerder boeke) neersit nie… Het die eerste boek baie “donker” gevind maar het my ogies mooi oopgemaak vir die onbekende, maar meer oor hoe my man (en mans in algemeen) ons as vroue sien en ervaar. Die 2e boek is meer lig en die storielyn baie meer boeiend en met die 3e boek kan ek vereenselwig. Jy kan die boek deel maak van jouself – Ek het baie meer selfvertroue nadat ek die boek gelees het en sal nou meer “waag”, want dis ok…. Maak vrede met jou lyf en al die persepsies wat jy oor sekd het – God het dit gemaak om te geniet. Ek wil deesdae manlief se “MEER” wees…

  2. MaanKind sê:

    Ek het juis op my blog uitgepluis WAAROM mense hiervan hou.

    • Sonlig sê:

      Wat meer met my kop smokkel Maankind is: – afgesien van die reuse inkomste – WÍÉ skryf so ‘n boek? Miskien ly konserwatiewe, dalk eerder preutse, ekke weer aan “analysis paralysis”?

      Ek kon nie veel oor die skrywer uitvind nie, behalwe dat sy ‘n doodgewone huisvrou, getroud met kinders is. Iemand het wel genoem dat sy pro-pornografie is. Finansieel is dit beslis ‘n wenresep, maar is dit net ek wat wonder wat sal haar dogter dink as sy die boeke lees en dink: My Ma het hierdie geskryf?

  3. Sonlig sê:

    Jammer – my fout. Die vraag is egter ewe relevant.

  4. Sonlig sê:

    Ek moes nou lekker vir my kollega lag. Na ‘n redelik filosofiese gesprek oor Fifty Shades (wat sy nie gelees het nie) het sy die situasie objektief, maar perfek opgesom toe sy haar arms vou, my soooooooo aankyk en sê: “It is clear that you want to get into Christian’s head and not into his pants.”

    Ja, ja….oukei…uitgevang!

  5. Ek het skaars van die boek geweet. Self weinige belangstelling in erotika, maar ek is nogal geinteresseerd oor wat mense laat tick. ‘n Vriendin het my vertel die eerste twee boeke is omtrent net porn, maar alles word uitgespel in die laaste boek. Sal maar die gevolgtrekking op wiki gaan soek.

  6. Ek lees nie erotika nie. ‘n Kennis het die eerste boek vir my aangestuur. Toe het ‘n ou vriendin die ander vir my aangestuur. Ek is so pas klaar met boek twee.

    Ek dink die erotika word nogal baie benadruk. Ek dink egter nie dit is over the top nie. Feit is, die ontwikkeling van hul verhouding en dit wat Christian se kop laat werk (of uithaak) en Ana se eie ontwaking is interessant. Dit is maar ‘n gewone liefdesverhaal (mense met issues en al daai), maar so effe minder preuts as die boeke waarmee ons grootgeword het.

    Verder stem ek saam met die feit dat Ms James so bietjie die sluier rondom BDSM lig, sodat mense besef dit is nie regtig so donker en verskriklik en negatief as wat oor die algemeen aanvaar word nie.

    Ek was GEENSINS van plan om die boeke te lees nie. Ek hou nie van goed wat die mark so tref en oorneem nie. Ek het van die juweeltjies waarvan net ‘n paar mense weet. Maar in dieselfde asem erken ek dat ek die boeke geniet. En ek dink veral jonger mense en mense wat groot geword het met allerhande negatiewe konnotasies rondom seks kan dit maar gerus lees. Daar is heelwat wenke en beskrywings wat maar net nie dieselfde lees as dit uit die Cosmo uit kom nie.

    Kritiek: Vir ‘n just-deflowered meisie, reageer Ana se liggaam darem so ‘n fraksie te goed. En vir ‘n mannetjie onder 30 het Christian darem sowaar hopeloos te veel ondervinding. Ek dink dit sou bietjie meer geloofwaardig gewees het as beide minstens so 10 jaar ouer was.

    • Son sê:

      Beter as dit kon ek dit nie gestel het nie. Ek het hierdie boeke gelees, uit blote nuuskierigheid en om darem ook te weet waaroor gaan die hele hoe-haa. En ek het die lees geniet, so tussen al die perdestert swepies deur en so en so 😆 As ek so ‘n boek moes skryf, sou ek wou dink dat my dogter sal dink haar Ma is darem nog nie oud en koud nie 😉

  7. Toortsie sê:

    Julle maak my nou nuuskierig…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s