Met betrekking tot

Tyd is deesdae ‘n vloekwoord.  Daar is soveel boeke om te lees, maar net soveel tyd om dit in te pas.  Hoe kies jy?  Hoe weet jy of boek die moeite werd is om te koop?

Met dit in gedagte het ons besluit om ‘n sentrale punt te kies waar ons boekresensies kan plaas.  Die beginsel is eenvoudig.  Ons almal lees van tyd tot tyd iets – nou skryf ons net ‘n resensie as ons klaar iets gelees het.  Ander kan dit dan gebruik wanneer hulle op soek is na iets om te lees.

Hierdie is ‘n gesamenlike poging deur verskeie bekendes in die WordPress kringe.  As jy nog nie deel is nie, maar graag deel wil wees, laat weet ons.  Hoe meer siele, hoe meer vreugde.

Enige voorstelle of verdere kommentaar?

3 Responses to Met betrekking tot

  1. DIE SPUD BOEKE VAN JOHN VAN DE RIET

    Hierdie is ‘n Engelse boek met ‘n Afrikaanse inhoud. Die boek geskryf deur Suid-Afrikaner – as Suid-Afrikaner koshuisbrak.

    Daar word eersdaags ‘n fliek vrygestel met die naam “Spud” – Die naam opsigself kontroversieel, maar die boeke (3) is heerlike leesstof en ek as ma van 2 dogters verslind dit ook. Mens kan dit nie neersit tussen die “trials and turbulations” van die tiener seuns en die mense wat in hul direkte omgewing is nie.

    Die karakters is vir my “amper bekend” – sulke tiperende Suid-Afrikanerismes – en ek geniet dit…… ‘n soort “Mollie en Wors” opset en juis omdat dit tipies is van ons ou volkie afrikaans of engelssprekend – kan mens daarmee identifiseer.

    Soos alles hier en daar iets wat ek as “ma” dink mens kon maar gelos het, maar ja mens lees maar verby en dis ook nou nie so dat mens nie wil he jou kind moet dit lees nie…..

    ‘n Heerlike “leesboek” – JA IN ENGELS en dit lees maklik…… en ek voel altyd “bewapen” as daar ‘n fliek is en die kinders wil gaan kyk en ek het die boeke gelees – so asof ek darem bietjie “beheer” het oor al die dinge (invloede) wat my kinders bombardeer van buite – laat weet wat julle dink van die boeke…..
    ons het ons s’n gekry by Exclusive Books.

  2. Marile Cloete sê:

    Ek dink dis ‘n briljante idee – julle sal my beslis nog dikwels hier sien!

  3. Lekker om ‘n Afrikaanse blog oor boeke te sien.

    Gaan kyk gerus na myne.

    http://gertrautenbach.blogspot.com/

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s