Heildronk op ‘n gypsyromp – Nadia de Kock

Vir ‘n paar gedagtes oor hierdie plesierige happie chick-lit, kyk by http://marilecloete.wordpress.com/2011/02/01/heildronk-op-n-gypsyromp-nadia-de-kock/
Ook die regte leesstof as jy dalk wil leer Margarita’s maak … ūüôā

Advertisements

Slumdog Millionaire – Vikas Swarup

In 2009 het Slumdog Millionaire ons vir ‘n 6 geslaan toe dit 8 Oscars gewen het. ¬†Glad nie sleg vir ‘n fliek sonder enige bekende akteurs nie. ¬†Dit moes doodeenvoudig gesien word om te sien waaroor gaan die bohaai. ¬†Nadat dit gesien is, was dit vir my duidelik dat dit nie bohaai verdien. ¬†Benewens dit, was dit een van die min Oscar bekroonde flieks wat ‘n mooi storie vertel, amper ‘n moderne feeverhaal.

Die fliek is op die 2005 boek Q & A gebaseer wat deur¬†Vikas Swarup geskryf is. ¬†Ek was onlangs die boek in die hand gestop en vertel om te lees. ¬†Dit het my maande lank geneem om daarby uit te kom, maar toe ek begin het, was ek spyt dat ek nie iewers ‘n dag oopgemaak het om dit te lees nie.

Eerstens is die fliek baie losweg op die boek baseer. ¬†Die karakters en selfs die verteller verskil heeltemaal. ¬†Ram Mohammed Thomas is ‘n weeskind. ¬†Daar was pandemonium toe hy gedoop moes word, niemand was seker of hy Hindoe, Moslem of selfs Christen moet wees nie. ¬†Vandaar die naam wat aldrie gelowe bevredig het.

Hy neem aan Who Wants to be a Billionaire en die rede van die deelname word tot in die laaste hoofstuk van die leser geheim gehou. ¬†Ram het nie juis ‘n opvoeding gehad om van te praat nie en het ‘n groot deel van sy lewe in die Slums deur gebring. ¬†Hy het dus van die lewe geweet. ¬†Deur sy ervaring het interessante mense ontmoet en van elkeen iets geleer.

Dit raak egter ‘n vernedering vir die produksie maatskappy toe hy goed doen en hulle het nie die geld om sy prys te betaal nie. ¬†Daar moet bewys word dat hy gekul het, wat geen probleem vir die korrupte Indiese Polisie behoort te wees nie. ¬†Net voordat hy so voos gemartel is dat hy enige iets sal teken, kom red ‘n beeldskone prokureur hom.

Hy vertel aan haar hoe hy aan al sy antwoorde gekom het. ¬†Daarmee saam ontvou sy lewensverhaal. ¬†Een van swaarkry, maar tog ook van hoop. ¬†Hoe mens nie ‘n ander op grond van agtergrond moet skat nie, maar hoe ‘n mens tog ook hulle sterre kan verander.

Die boek is beslis die lees werd.  Die klink dalk effens te goed om waar te wees, maar op een of ander manier bly dit realisties, sonder om dat die goed voel gedeelte verlore gaan.